Monday, July 8, 2013

Om 'n boek te maak

Om ‘n boek te maak
Inleiding

Boeke kom met vele gesigte. Dik kleurvolle koffietafels, gedigte, reisverhale, kortverhale, romans ...
Die kans om ‘n boek aanvaar te kry deur ‘n uitgewer is 1 uit 4000. Vergeet dit.
Die e-boek neem oor en is ‘n heerlike manier om paar duisend boeke saam te neem op vakansie of op jou skoot in die vliegtuig. Tog het die regte boek sy plek, dit is emosioneel, dit maak die hart warm en ons kan voor in teken, ons kan harte verbly. ‘n Goeie benadering is om beide te doen.

Die artikel som die kern feite op geleer na ‘n paar ervarings en probeer ‘n pad wys dat dit gedoen kan word.

Dis die evaring van 3 self publikasie oefeninge in harde band en tienstuks as e-boeke. Bloedneus kry en maar weer begin.

Ons moet nog baie leer en daarvoor aanhou gesels met mekaar, leer bymekaar, baie daaroor lees, maar meer belangrik dit op die speelveld waag en kritiek vat en weer begin.

Jou boek sal verkoop net as:


  • Briljante inhoud. Uniek en gefokus op ‘n spesifieke leser. “Ek, my en myself” werk nooit. Alles vir almal is om in die woestyn te skree.
  • Dit gaan oor die leser en my en jou stories en ons belangrikheid is irrevelant.
  • Die taalversorging 300% perfek. Net ‘n buite persoon kan dit doen. ‘n BA kritiese soort.
  • Stofomslag wat die aandag gryp. Eenvoudig vir eboek. (dis maar so groot soos ‘n vuurhoutjie dosie op die skem)
  • Die titel en die onderskrif (“tagline”)
  •   ‘n Agterblad met minder as 100 woorde gerig op die leser.

Die oorhoofse beplanning

Meer belangrik as enigiets anders; ‘n Ordelike besigheidsplan. Daar sonder sukkel mens net voort en jy maak seker van ‘n mislukking.

Skryf vooraf neer:

  1.  Hoekom dit doen? Wat is die pyn wat jy gaan verlig met jou boek?
  2.  Hoe gaan jy dit doen?
  3.  Hoe werk die model. Wie betaal vir wie en vir wat.
  4. Wat maak jou uniek?
  5. Hoe gaan jy dit by die mark kry?
  6. Wie is die kompetisie?
  7. Wie werk saam met jou?
  8. Hoe lyk die geld vooruitskattings?
  9. Wat is die huidige status?

Skep van woorde

Engels is maklik, Afrikaans bitter moeilik en emosioneel. Gebruik Engels vir die kop en Afrikaans vir die hart.

Om woorde te skep is daar die intuitiewe benadering of om dit in detail te beplan. Die boek Accidental Genius van Mark Levy oor die “Free writing” konsep is prysloos. Lees ook “Die Afrikaanse Skryfgids” van Kleyn en Scheepers.

In kort beplan en gaan skryf. Sit 'n papier op jou skerm om jou aaklige linker brein stil te hou. Die woord en idees sal ontplof! Maak agter reg.

Die skep proses word met ‘n ander deel van die brein gedoen as om te lees. Dis twee aparte prosesse. Los die woorde paar dae, neem dan eers die rooi pen en doen oor en oor. Gee dan vir die kritieste mens wat ons ken en laat verskeur. Verwag dat niks sal oorbly, sluk jou trots, doen oor, en oor, en oor, ten minste 10 keer.

Punktuasie net een manier: perfek.

Lees en leer. www.skryfgeheime.co.za het wonder kursusse.


Tipografie

Kyk na enige top boek, neem Deon Meyer, tel die woorde en lyne per blad ... kyk hoe doen hy dit en aap na presies net so. Daar is ‘n rede voor.

Nooit meer as een Enter, nooit Tab.

Kies die teks wat jy wil regmaak. Regs kliek. Gaan na paragraph,  Gaan na Paragraph. Kies Special en First line. Maak dit 0.8 en jou paragrawe sal indent wees.

Gaan na Line spacing en kies 1.1. Maak jou Spacing 0 en 0. Gaan nou na Home en maak kies die Justify opsie sodat jou sinne regs belyn is.

Gaan na Page Layout en kies as Size die A5 opsie. Doen nooit meer as een keer carriage return. Net twee fonts: Verdana 16 vir opskrifte en Times Roman 11.5 vir teks.

Fotos almal met Insert, Picture. Nooit cut-n-paste.


Die Kopiereg bladsy

Neem enige boek en kyk hoe hulle dit doen. Volg die voorbeeld en wyk niks af.
Die “©“ beskerm die skrywer se reg teen plagiaat. Jy het niks meer nodig nie en daarmee kan jy hof toe gaan as hulle jou dinge steel.

Lys hier die kritiese helpers. Taal, tipografie en stofomslag.

Gee die uitgawe en druk volgorde.

Nou die ISBN. Dit is ‘n unieke nommer wat aan jou boek toegeken word. Dit gaan saam net die staafkode. Jy koop dit by die nasionale biblioteek. Gaan na www.publisher.co.za en volg die instruksies. Jou staafkode en ISBN sal binne 3 dae by jou wees. Dit kos R500. As die boek klaar gedruk is moet dit met die vorm wat hulle gee na die Nasionale Biblioteek gaan wat dit sal bewaar.

By publisher.co.za is waardevolle inligting oor die hele publikasie proses en die moeite werd om stadig deur te lees. Dit gee soveel meer as hierdie dokument. Die eienaar, Vanessa Wilson, is ‘n juweel en het reeds in 2008 my hand gevat en deur die proses geneem.

  
Omslag beginsels

Die belangrikste in ’n boek is die idee, die verloop, die aangrypende inhoud. Dan die taal en teks versorging wat 200% perfek moet wees. Die boek trek egter aandag met die stofomslag en dit verdien baie aandag.

Kry ‘n professionele persoon om dit te doen. Kan tot R5000 kos, maar daar is alternatiewe.

Kies nou die titel wat die hart en aandag sal gryp. “Stories uit my verlede” is vervelig en beteken niks.

Nou die onderskrif of “Tagline” om die aandag verder te voer. ‘n Briljante voorbeeld waar “Die Bike Boek” met skrywers soos Deon Meyer en Dana Snyman die onderskrif gebruik, “die Vryheid, die Vreugde, die Vrees."

Die agterblad moet die persoon aanmoedig om die boek oop te maak. Hier is dae se werk. 100 – 200 woorde op die meeste wat die leser ‘n onweerstaanbare lus gee om dit te wil lees.

Die kleur het ‘n impak. Rooi trek aandag maar skrik af. Blou is kalm en trek aan. Groen is vriendelik en geel vra aandag.

Maak dit presies 1600 by 2400 piksels.


Uitgewery pyne

Daar is hoofstroom uitgewers. Dis die eerste prys. Jou kans om aanvaar te word is 1 uit 4000. By uitgewers werk hulle deur tot 500 manuskripte per dag en letterlik enkele minute per boek. Selfs grootste verkoper ooit in Afikaans, “Kook en Geniet”, het vuilgoedblik toe gegaan. In kort, ondanks die mooi ego gedrewe stories wat jy sal hoor, VERGEET DIT!

Nou is daar skelms wat hul uitgee as “uitgewers” en op die egos van skrywers baie geld maak. Etlike verneuk gevalle onlangs in die nuus gewees.

Dan kry jy oulike publikasie hulp organisasies wat die harde werk vir jou doen. Myra Lochner van Kreativ (kry op Facebook), Rosslyn Pers van Ian Raper, Group 7. Ek werk tans deur Porcupine met my troue boekie. Jy sal hulle op Google kry.

Onthou nou is die verspreiding, bemarking en verkope jou probleem. Sou jou boek mooi doen is daar die opsie van “Publish on demand”. Die IT boek wat ek mee gehelp het in 2008 het te mooi verkoop (meer as 3000) en ons het dit so gedoen. Hulle hou jou boek elektronies en sou iemand bestel en betaal, val dit net daar by die drukker uit en hulle versend dit. Die juweel daar is Barbara van Newvoices in die Kaap. www.newvoices.co.za. Dit kos ook ‘n klomp. internasionaal is daar bv Create Space en Lulu.

Die opsies gaan egter geld kos.

Dan die selfdoen opsie. Volg instruksies tot die letter en doen dit self! Ek het met Re-Play en Baba-Kind besluit om alles self te doen met Vanessa wat met die ISBN gehelp het. Jet Line Print on demand gebruik. Dit het gewerk, so, spaar geld, leer baie en doen dit self! Druk koste vir 'n 150 bladsy boek en 100 kopiee minder as R35 per boek.

e-Boek pad

Dit is moeilik en baie om te verstaan. Twee roetes, Amazon Kindle wat die mark leier is en Smashwords. Jy kan ook direk na Apple, Nook of Kobo gaan, maar dis nie nodig nie Smashwords doen dit vir jou. Hulle gee die eISBN en help te mooi. Alles verniet!

Smashwords en Kindle neem so 20% kommissie.

Stap een. Registreer by Smashwords. (www.smashwords.com) Werk deur die webwerf stuk vir stuk. Volg hul 70 bladsy handleiding slaafs. Kliek bo op “Publish” en fokus op die stukkie links, “Publish on Smashwords”

Laai hul gids af oor hoe jy dit moet doen.

Publiseer, kyk mooi na jou Google tags want dit gaan jou leser na jou toe lei.
As dit gedoen is, is Amazon maklik. Net enkele formaat dingetjies


Betalingsproses

Smashwords betaal jou  maandeliks en dit werk so: Jy moet ‘n Paypal rekening oop maak wat jy dan aan Smashwords koppel. Jou geld word as VSA $ daar in betaal.

Die Reserwe bank en FNB het ‘n kontrak gemaak sodat FNB en Paypal koppel. Jy dra dan jou geld oor van Paypal na ‘n FNB rekening en weg is jy! 

FNB het die Business Essential rekening wat sonder enige bankkoste is. Jy betaal net transaksiekoste. Vreeslike proses wat eeue neem maar dit werk. As tussen stap kan jy my Paypal en FNB gebruik en ons gee net vir mekaar al die paswoorde en kruis ouditeer dit.

Ongelukkig vat ou Joe Biden net daar 30%. "Witholding Tax." maar beide Smashwords en Amazon help daarmee om dit te vermy. Amazon vinnig, Smashwords neem maande. Jy moet met oudtydse fakse daar registreer as 'n "Alien" en so hul belasting omseil.

As jy die Smashwords formatering reg het, is Kindle ‘n vulletjie. Kindle het so 25% van die mark en bly maar die groot ou. Smashwords gee wel ‘n Kindle formaat, maar mens wil graag op hul boekwinkel rak wees. Sleg is dat hulle net in paar lande betaal.

Maak 'n Payoneer rekening oop, jy kry 'n VSA bankrekening en Amazon betaal daar in. Dit koppe weer met bankrekining hier. Jy kry ook 'n Mastercard wat hier werk in winkels en ATMs teen een dollar per transaksie.